Twee susters se nuwe sagte landing

’n Pa van drie uiteenlopende dogters het by Huisves aangeklop om te help om ’n
ruimte vol verborgenheid vir elke meisie te skep. Twee van die sussies wou graag ’n kamer
deel. Die probleem was ’n gebrek aan ruimte want albei is lief vir kunsvlyt-projekte.
Dit help om ’n handige kliënt te hê wat houtwerk kan doen, want hy gaan sommer
self een van die huisgesin se dubbelbeddens omskep in ’n “bunk bed” in die lug met
lessenaars en ’n plafon met ligte aan die onderkant. Huisves het ’n 2D skets geteken
om hierdie droom gestalte te gee. Hannah en Kara is opgewonde vir ’n kamer waar
hulle kan rus, speel en skep.


Lisa, die ouer sus, is weer lief vir mode en die natuur. Laasgenoemde bring sy fisies
na binne, want sy het selfs ’n slang en voëls (ja,regte gediertes) as kamermaats. Die
moodboard bring al haar liefdes byeen, en die voorgestelde produkte bly binne die
kliënt se begroting, sonder om haar belangstellings in te perk.
En Huisves kan nie wag om die eindproduk van hierdie oulike Paarlse gesin te wys
nie.

KONTAK
Maak gerus kontak deur die vorm in te vul, en ek kom terug na jou.