Styl wat by
jou storie pas

Herskep en verfris jou leefarea met ’n binnenshuise ontwerpdiens vir mooi, leefbare ruimtes.

Huisves se wens is ’n huis wat haar arms oopvou. ’n Huis waar orde nie klinies voel nie maar ruimte vir koestering skep; nuwe lewe aan ’n kleinood gee; verkwikking vir ’n moeë siel. Huisves is hier om ’n styl vir jou leefruimte te skep wat waarlik by jou storie pas.

’n Huis waar orde nie klinies voel nie maar ruimte vir koestering skep; nuwe lewe aan ’n kleinood gee; verkwikking vir ’n moeë siel.

Dienste

Ontwerpdienste

Huisves help jou om ’n holistiese visie vir jou leefruimte of hele huis te skep aan die hand van ’n luimbord (mood board). As ons klaar gedroom het, help ons jou om hierdie visie prakties uit te pak.

Organisering

Om te ontrommel is om stil, skoon ruimtes te skep vir ’n vars atmosfeer. Laat gaan die onnodige en maak plek vir nuwe moontlikhede.

Gunstelinge

Verskaffers en produkte wat van gehalte, integriteit en tydloosheid spreek.

Woorde

Baba Erasmus se eerste kamer

Aan die voet van die Groenberg in Wellington is ‘n seuntjie met die naam Hercules. Sy eerste kamer was eers Mamma se kantoor, en daarom moes ons dit omskep in ‘n sagte landing wat gepas is vir hierdie mooi vlieënierspaar se seun. Dit vat nie ‘n massiewe begroting om ‘n

Twee susters se nuwe sagte landing

’n Pa van drie uiteenlopende dogters het by Huisves aangeklop om te help om ’nruimte vol verborgenheid vir elke meisie te skep. Twee van die sussies wou graag ’n kamerdeel. Die probleem was ’n gebrek aan ruimte want albei is lief vir kunsvlyt-projekte.Dit help om ’n handige kliënt te hê

Tammy se kombuis

’n Kombuis is die hart van die huis. Dit is waar die dag wakker raak met die fluit van ‘n ketel en die hoofstuk aan die einde van die dag ‘n maaltyd afgesluit word.  Om ‘n kombuis te verfris is om ‘n ruimte te skep wat verwelkomend, vertroostend en diep

@huisves

KONTAK
Maak gerus kontak deur die vorm in te vul, en ek kom terug na jou.